BLOG
Pampoenpret by Babylonstoren
- R250 p.p.
- 12 March 2021, 17:00 – 20:00
- Presented by Terry de Waal & tuinspan
- Ontmoet ons by die Plaaswinkel
Slegs 45 plekke (maks. 2 kinders per 1 volwassene) beskikbaar.
Vier pampoenfees saam met ons tuinspan – kinders is mal hieroor. Kom saam op die skattejag: ons spring oor die reusepampoen en kruip binne-in die Slak, wat oortrek is met kalbasse en goeters van allerhande groottes en vorms. In die Pofadder vertel ons jou meer oor verskillende pampoensoorte: Turkse tulband, die plat wit ou boerpampoen, oranje Cinderella, heerlike goue hubbardpampoen, gespikkelde swaan, smullekker muskaat en natuurlik Halloween. Ouers sal hul kinders help om te sny, skep, kap en druk.
Ná al die harde werk steek ons ’n kersie binne-in die pampoen aan. Kom eet na hartelus aan pizza en ’n smullekker pampoenroomys by die Glaskas.
Nota: Omdat daar met skerp voorwerpe gewerk word, moet kinders deur ’n volwassene vergesel word. Maksimum twee kinders, tussen 5 en 12 jaar oud, per volwassene.
